082 9272575
Wanneer ‘n paartjie in ‘n huwelik instap is hulle kans (volgens statistiek) 88% om dit te laat misluk. Daarom maak dit net sin om reeds voor die troudag seker te maak dat jy die nodige toerusting bekom wat jou kans op sukses drasties verbeter.
En dis waar huweliksvoorbereiding in die prentjie kom. Huweliksvoorbereiding is ‘n proses waardeur ‘n paartjie gehelp word:
In hierdie praktyk loop ‘n voorbereidingsprogram oor 7-
‘n Huweliksvoorbereiding program is aan die een kant gebaseer op algemene beginsels. Só het ek (byvoorbeeld) oor die loop van 35 jaar geleer dat meeste pare in krisis beland en by my uitkom as gevolg van ‘n paar basiese probleme. Dis byna asof almal daarin vasval. Daarom word daar in die voorbereidingsprogram gewerk om pare te help om vaardighede te bemeester wat hulle pantser teen hierdie algemene verhoudingsprobleme waarmee pare sukkel.
Aan die ander kant word die assessering gebruik om die unieke haakplekke en potensiële probleme vir elke spesifieke paar te identifiseer. Dit plaas die haakplekke op die tafel wat eie aan hierdie paar is. Wanneer daarmee gewerk word, word dit gedoen op ‘n manier wat hulle by voorbaat help om die probleme deur te werk. En om vaardighede te bekom wat hulle in staat sal stel om dit in die toekoms beter te hanteer.
Ten diepste gaan huweliksvoorbereiding daarom oor ‘n proses wat pare
Hiermee verseker huweliksvoorbereiding nie noodwendig ‘n suksesvolle huwelik nie. Tog gee dit die nodige gereedskap waarmee ‘n paartjie ‘n goeie huwelik kan bou. Mits hulle daarvoor kies en mits hulle die gereedskap gebruik en daarmee oefen tot hulle dit bemeester het.
DIENSTE WAT EK LEWER…
Assessering van die verhouding as geheel en of aspekte van die verhouding
Huweliksberading/ huweliksterapie
Intensiewe huweliksterapie (meer sessies oor korter tye)
Afrigting in verhoudingsvaardighede
Bemiddelling van konflik
Huweliksvoorbereiding
Huweliksverryking (of -
Huwelikseminare
Huwelikspraatjies (as spreker)
Opleiding van huweliksberaders
Funksioneringstyl analises
Opleiding in “crucial conversations”