Dis ‘n proses wat julle saam doen. Sonder beskuldigings. Baie eerder as ‘n gesamentlike soektog na die waarheid oor die dinamika tussen julle twee. Die idee is om (onder leiding van die huweliksberader) die probleme beter (duideliker/helderder) te definieer -
Wanneer hierdie stremmende faktore reg geïdenitifiseer word, help dit om die proses van berading te fokus en op koers te hou. Wanneer dit nie gedoen word nie (of wanneer die probleme in breë algemene terme gedefinieer word) maak dit dit moeiliker om effektief daarmee te werk. Die regte definisie van die probleme is dikwels die eerste stap in julle bemagtiging en in die soeke na ‘n oplossing.
Na die definisie van die probleme word julle begelei om die probleme te prioritiseer, dit is, om ‘n volgorde te maak van haakplekke wat dringend aandag moet kry en haakplekke wat later aandag kan kry. Sodat die volgorde waarin met probleme gewerk gaan word, vasgepen kan word.
Hierna behoort die huweliksberader vir julle ‘n aanduiding te kan gee van die voorlopige behandelingsplan wat julle gaan volg. Natuurlik met die wete dat dit kan verander soos wat die proses nuwe inligting op die tafel bring. Tog is hierdie voorlopige behandelingsprogram ‘n vertrekpunt wat vir beide van julle kan dien as roetekaart vir die pad vorentoe.
Hierdie eerste fase word gewoonlik by my praktyk in een sessie van 90 minute gedoen. Soms (omdat ons sukkel om die probleme duidelik genoeg te definieer en reg te verstaan) kan dit ‘n tweede sessie in beslag neem. Hoe beter hierdie eerste aspek van huweliksberading egter gedoen word, hoe beter is die kanse dat ons gefokus kan werk en uiteindelik sukses kan behaal.
Wanneer pare hulp soek, is hulle lewensenergie dikwels gedreineer. Hulle is so vasgeval in die probleme dat hulle nie krag het om daarmee te werk nie. Alles voel net te veel. Indien die huweliksberader dan ook op die probleme fokus, dreineer dit hulle energie verder en val hulle net verder vas. Sonder dat hulle vordering maak in die herstel van die verhouding.
Daarom is dit nodig dat die huweliksberader aandag gee aan positiewe ervarings in die verhouding. Anders gestel: huweliksberading moet aandag gee aan beide die opbou van die huweliksverhouding en aan die hantering van probleme daarin. Gelyklopend.
Aangende van die aard van die probleme, begin ek daarom eerste met die ou van positiewe ervarings. Ons werk saam uit hoe julle ind ie verlede positiewe ervarings in julle verhouding geskep het. Dan gebruik ons dit as ‘n model waaruit julle kan leer om dit weer te doen. Of ons werkvanuit algemene beginsels vir sukses en ontwerp daaruit ‘n basiese onderhoudsplan vir julle verhouding. Die implementering van hierdie plan vermy dan die tipiese haakplekke in die verhouding. En dit help julle om ervarings te skep wat positiewe momemntum gee aan die proses van herstel van julle verhouding. Of dit wys juis die haakplekke uit wat ons eer smoet deurwerk om die onderhoudsplan te laat werk.
My ervaring oor 35 jaar het my geleer dat dat pare wat die basiese onderhoudsplan laat werk dit ook regkry om die probleme in hulle huwelik te oorkom. En die wat dit nie regkry, sukkel uiteindelik baie meer en baie langer om hulle verhouding te laat werk. Juis daarom het die werk met die bou van positiewe ervarings ‘n kenmerk geword van my styl van huweliksberading. Doodgewoon omdat dit vir ons die positiewe energie gee waarmee ons die werklike probleme/haakplekke kan takel.
Wanneer ‘n egpaar by my opdaag, het elkeen gewoonlik sy/haar eie teorie oor hoekom die verhouding in ‘n krisis is. En meeste van die tyd is die probleem (volgens hulle) ‘n enkelvudige probleem: my lewensmaat!
Wanneer ons egter ‘n goeie probleem-
In my praktyk het ek oor 35 jaar geleer dat hierdie probleme veral lê op die terrein van
Omdat pare nie hierdie verskuilde agendas verstaan nie, sien hulle nie raak hoe dit hulle verhouding raak nie en kan hulle dit nie uitklaar nie. Hulle baklei eerder oor ander goed in die verhouding. Sodra hulle egter leer om hierdie 4 areas in hulle verhouding te verstaan en bemeester, kan hulle op hulle eie met die meeste van die probleme/haakplekke werk.
Deur gelykopend met die opbou van die verhouding te werk PLUS pare te leer hoe om deur hierdie versteekte probleme te werk, word die meeste van die verhoudings op koers gebring na die herstel van die verhouding.
Hierdie inligting word dan in die later fases van huweliksberading gebruik om gesprekke oor spesifieke haakplekke tussen lewensmaats te fasiliteer, hullle te help om op oplossings ooreen te kom en hulle te leer hoe om die ooreengekom oplossings effektief te implementeer.