082 9272575
En dan elke keer te sien wat jy mis en sleg te voel omdat jy nie op standaard is nie.
Hierdie maniere van dink help jou egter nie om jou huweliksverhouding beter te doen nie. Daarom is dit baie beter om oor die huwelik te dink op dieselfde manier as wat jy oor ‘n sport dink. Elke sport het sy eie speelveld en sy eie spelreëls. En as jy die sport goed wil doen, moet jy leer om binne die speelveld volgens die spelreëls te speel.
Wanneeer jy op hierdie manier oor die huwelik dink, verskuif jou denke weg oortredings en straf na uitdagings om die spel van die huwelik beter te speel. Dan word dit makliker om (nes jy met sport doen) vir jou ‘n afrigter te kry om die spel beter te leer speel. Of jou sommer net op te skerp om dit so goed te speel soos jy dit teveore gedoen het.
Huweliksverryking het te make met twee goed. Aan die een kant het dit te make met die kleiner dingetjies in die huwelik wat nie reg loop nie -
Aan die ander kant het dit te make met ‘n bewuste besluit en strewe om die verhouding gereeld te laat optjek. Nes jy met jou motor doen wanneer jy dit laat diens. En dan by voorbaat seker te sorg dat jy die nodige onderhoudswerk doen om te verseker dat die motor goed bly werk. In hierdie sin het huweliksverryking te make met bewuste insette wat jy in julle verhouding maak, byvoorbeeld, deur vir ‘n kort opknappingsprogram by ‘n huweliks-
Die probleem is dat huweliksverhoudings komplekse werklikhede is. Daar is baie kante en baie nuanses daaraan. En dikwels sukkel jy om die goed raak te sien wat nou moet aandag kry. Dan kom ‘n huweliksberader baie goed te pas. Omdat hy van buite en met vars oë na julle verhoduing kyk. En omdat hy die vaardighede het om julle af te rig oor die spesifieke dinge in julle verhouding wat aandag nodig het.
‘n Mens sou dus kon sê dat huweliksverryking voorkomend is. Maar dit is meer as net voorkoming. Dis ook ‘n manier om te verseker dat julle in julle verhouding bly groei. En dat julle meer geluk en vreugde daarin vind soos die jare aanstap.
Daar is baie maniere waarop jy oor die huwelik sou kon dink. Een is om te dink oor wat reg en verkeerd is. Dan is die vraag hoe om die huwelik korrek (volgens die wet) te doen…. en die persoon wat dit verkeerd doen te straf! ‘n Ander manier sou wees om te dink oor die ideaal en hoe ver jy tekort kom.
DIENSTE WAT EK LEWER…
Assessering van die verhouding as geheel en of aspekte van die verhouding
Huweliksberading/ huweliksterapie
Intensiewe huweliksterapie (meer sessies oor korter tye)
Afrigting in verhoudingsvaardighede
Bemiddelling van konflik
Huweliksvoorbereiding
Huweliksverryking (of -
Huwelikseminare
Huwelikspraatjies (as spreker)
Opleiding van huweliksberaders
Funksioneringstyl analises
Opleiding in “crucial conversations”